‘n Paar gelukkige woorde

Ek (Hanika) het belowe om bietjie te laat weet van al die dinge in Korea waarvan ek baie hou. Hier volg ‘n lysie:

– Die mense. Miskien is dit nodig om te se: die mense van Daegu. Dis ‘n grote. Ek het regtigwaar nog nooit sulke vriendelike mense elders tee gekom nie, nie eers in ons eie land nie. Die goedhartigheid van die mense hier sal ook nooit op ‘n brosjure vasgevang kan word en gebruik word vir toerisme-bemarking nie. Dit sal fake voorkom. Dis eers as jy hier is wat sien glo is. In die klein rukkie wat ons hier is, het ek al soveel belewenisse hiervan gehad – te veel om op te noem. Laat ek ‘n algemene opmerking maak: waarookal ons mense tee kom of ontmoet, is hulle hele houding een van ope arms. Hulle is gretig om ons van hulle manier van doen te leer, maar uit entoesiasme nie etnosentrisme nie. As jy dan nou maar op die ou end dinge op jou manier voortdoen, word jy in vrede gelaat, met respek. Ek kry die indruk dat Koreane hier ‘n gesonde selfbeeld oor hul land het: hulle weet hulle land is awesome en hulle wil he jy moet deel he daaraan.

Nou vir ‘n voorbeeld van hierdie mense se goeie harte: daar was veral een encounter wat vir my aangrypend was. Ek was besig om by die trappe af te loop by die flat waar ons voorlopig bly. Ek loop mos nou maar mank op die oomblik. Onder staan ‘n delivery man. Soos alle delivery men hier is hy ten volle toegerus vir sy biker lewe – ek sien hulle nooit sonder helmets nie, ek dink hulle gaan slaap daarmee aan… Anyway, die ruimtevaarder delivery man staan aan die onderpunt van die trappe en se iets vir my in Koreaans. Ek wys vir hom “X”, menende “ek bly nie hier nie, moenie my vra nie.” Maar hy hou aan praat, nou harder. Ek probeer vinnig verby hom loop om die situasie verby te kry, maar hy keer my aan die arm. Toe wys hy na my voet en gee my so ‘n stewige pat on the back. Ek besef toe dis al wat hy wou kommunikeer.

Ai, ek sien ek moet nou weer gaan. Ek kon nou net by een ding uitkom. Volgende post sal ek vertel hoe baie ek van die kos hou. Julle moet maar vir Emile op facebook pester totdat hy ook ietsie skryf. Hy hou homself lekker skaars op hierdie blog…

Groete vir nou

Hanika

Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar

I’m okay, thx, just having a minor breakdown

Hanika wat skryf… alweer…

‘n Kollega by die plek waar ons handboeke skryf het vir my die raad gegee: “It’s good to cry. It’s good to break up your breakdowns. Otherwise you’ll just end up having one major one.”

Dit was tydens breakdown version 2.2 gewees. My toon was baie seer nadat ‘n dokter dit weer met ‘n skerp voorwerp bygekom het. Jack, die skoolhoof se seun/onderhoof/gaffer, het my na my trippie hospitaal toe by ons makeshift flat afgelaai (ons amptelike flat nog onbewoonbaar). Emile was reeds weg – iets wat ek nie voorsien het nie. Die deur was gesluit en my selfoon se battery af (smartphones is great vir wanneer jy gou die translation app wil uitruk, maar suck wanneer dit kom by batteryleeftyd). Ek herhaal die material point: my toon was geweldig seer.

My enigste opsie was om kantoor toe te gaan (Emile + sleutel sou 12h00 daar opdaag; dit was toe nog 10h00). Mank loop ek by die trappe af en vang ‘n taxi. Die taxi-drywer ken nie my skool se naam nie en ek moet verduidelik. In die area aangekom, verdwaal ons. Ek ken blykbaar net die pad na die skool vanaf die subway. Ek bedank die taxi-drywer vir sy geduld (hy verstaan waarskynlik niks nie, maar ek spreek die woorde in die hoop dat die betekenis in die klanke en lyfhouding deurskyn). Ek klim uit en huppel rond totdat ek die plek kry. Hier ontmoet ek my kollega wat my aanspoor om soveel te huil as wat nodig is vir my om daai GROOT een te vermy.

Nou-net nommer 3 gehad. Vandag weer ‘n afspraak by die hospitaal gehad vir 9h00. My voet is al baie beter, so ek hoop regtigwaar dit is nou die laaste keer. Soos ek gese het is mediese sorg hier baie goedkoop, maar ek sien nou die vangplek: mediese sorg hier is BAIE. Ek meen, die sorg is baie. Ek is nou al 5 keer dokter toe oor een toon. But I digress… Ek moes Jack by Jukjeon stasie kry 08:40. Dis moeilik om so ‘n lang ruk se gewag in skrif voor te stel. Ek kan se dit was 55 min. Maar daardie sin is heeltemal te kort. Kom ek probeer dit invul met details oor die weer. Dis vandag onder vriespunt buitekant. Ek skat dit voel nog kouer as voorspel want daar waai ‘n ysige wind van die berge se kant af. (Ek WEET dit waai van die berge se kant af want Daegu is omring met berge, ok…) Terwyl ek sit en wag vir Jack het my gesig geen gevoel oor nie en my ore brand. Ek bekyk elke kar wat verbykom en raak met elkeen meer mismoedig. DIT, vir 55 min lank. En ja, my selfoon is alweer pap.

55 minute en nie ‘n minuut later nie. Toe besluit ek om kantoor toe te stap. Hier aangekom bel die sekretaresse vir Sunny (ons organiseerder, baas, Engels-sprekende ligtoring in die see van Koreaans). Ek praat met Sunny en verduidelik wat gebeur het. Jack antwoord blykbaar nie sy foon nie. Nou, nadat ek gou in die badkamer gaan staan en huil het, skryf ek heel kalm hieroor. Die CEO van die company, Jack se ma, gaan my nou blykbaar kom haal. Still waiting… Ek hoop die dokter sal my nog sien. Anders sal ek waarskynlik more die hele proses herhaal, hopelik minus die drama.

Lus vir nog van my gekla en gekerm? Sekerlik nie. Ek sal vinnig weer skryf en dan vertel van alles wat ek love in Korea. Daar is baie. Dis net minder nuuswaardig.

Liefde aan almal

Hanika

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Die eerste amptelike woord

Beste vriende en familie

Ek, Hanika, het eintlik al dae terug ‘n post op hierdie blog geplaas, maar het dit verloor weens ‘n misverstand tussen my en Koreaanse Windows.

So, hier probeer ek maar weer. Die idee is dat ek en Emile met julle almal kontak hou via hierdie blog, terwyl ons in Korea is. Daar het al so baie gebeur in die week wat ons hier is en ek sou graag ‘n ellelange ding daaroor wou skryf. Helaas, ek het weereens so min tyd. So, verskoon my as ek kortaf is. Ek gaan sommer net die hoofnuus  bullet:

– Seoul was great en baie foreigner friendly. Het tradisionele kos daar geeet en dit gelove. Ons love motel (google dit) was okay.

– In Seoul het my bankkaart op ‘n stadium gevries. Dit was haaglik! Al ons geld was daarop en ons het ‘n limiet op hoeveel ons kan trek per dag, so ons was letterlik vir ‘n paar ure (totdat ons ma’s die ding in SA kon uitsorteer) sonder geld.

– In Daegu aangekom: Ons het ons head teacher (soos ‘n organiseerder van al die onderwysers) ontmoet en sy is wonderlik. Koreane is sover die vriendlikste groep mense wat ek al tee gekom het en Sunny is besonder vriendelik selfs vir Koreaanse standaarde.

– Eerste nag was ons by ‘n motel ingeboek. Ek het my pad na ‘n wyn bar gevind danksy my extensive research van kaarte op google voor ons gekom het. Was lekker maar duur. Sal dit nie gereeld kan doen nie.

– Tweede dag in Daegu het ons die mense wat ons flat voor ons gehad het ontmoet. ‘n Amerikaner en ‘n Kanadees. Vreeslik gaaf en gereed om te help. Ek wens net hulle het eerder al daardie energie bestee daaraan om die flat in ‘n beter toestand te laat.

– Die flat was ‘n varkhok. Muf het die badkamer oorgeneem en sy pad na die onderkant van die leefarea se muurpapier gemaak. Nadat ons twee “vriende” hul plek verlaat het, het ek en Emile net vir ‘n paar minute gesit en die toestand van die plek ingeneem: stofbolle so groot soos tennisballe teen die kante van die meubels en vloer, hare wat nog vassit aan alles, ongewasde skottelgoed, en lae van gemorsde ek-weet-nie-wat-nie teen die kombuiskaste. O, en vir effek, die toiletsitplek i sgebreek en met cellotape vasgebind. Heerlik.

– Na 15 minute het ons besluit om ‘n home mart te gaan soek, sodat ons mold buster en ‘n paar ander skoonmaakmiddels, wat ons natuurlik nie in die flat kon opspoor nie, te koop. Dit gedoen, het ons begin skoonmaak. Onsuksesvol. Die badkamer se muf reageer nie op Emile se skropwerk nie en is al te oud en vermeng met algemene grease. My projek vaar nie beter nie. Die muf tart my vanwaar dit onverstoord agter die muurpapier weggebere bly.

– Nuwe plan. Ons boek in by ‘n motel. Bel vir Sunny. Vra Sunny om die landlord te kontak. Landlord is gewillig om van die muf ontslae te raak. Ons kry ‘n nuwe datum wanneer ons kan interk: Vrydag.

– Een van ons kollegas bied aan dat ons in sy meisie se flat kan bly intussenwyle. Sy het onlangs by hom ingetrek en hou nog die ekstra flat tot die einde van die maand. So dit is waar ek en Emile nou nog bly.

– Die werk: ongelooflike nice mense. Die handboekredigering is vir ons albei baie lekker en ons baas daarvoor is baie… cool. “Cool” is die regte woord want hy is van L.A. Die klasgee is sover nie vir Emile baie lekker nie – ek sal laat hy self vertel. Vir my was dit heel lekker. Dis absoluut chaoties en dit berus op improv. Ek sou wanneer ‘n groep inkom my co-teacher vra waarmee hulle besig is (bv. “days of the week”) en gou-gou terwyl sy met hulle praat ‘n liedjie op die internet soek. Solank hulle liedjies sing, verloop dinge goed.

– Gister het ons hospitaal toe gegaan vir ons checkups wat ons nodig het vir ons alien registration. Ek het sommer ook gevra of ek ‘n dokter kan sien oor my ingroeitoonnael wat intussen pers verkleur het. Die mediese diens in Korea is fantasties, deeglik en cheap. Die dokter was baie bekommerd oor my toon. Hy beweer die infeksie onder die toonnael is gevaarlik. Nadat hy dit oopgesny het, het ek nog die volgende gekry: 5 pille wat drie keer per dag gedrink moet word (15 pille per dag); 2 inspuitings. DIT is hoe deeglik hulle is. Ook: ek moes vandag weer inloer.

– Vandag: Hoispitaal het laat weet daar is morfiene in my bloed. Ek het aangeneem dit is van die syndol wat ek die vorige aand gedrink het. Hulle het darem self vermoed dit was so iets en het gevra dat ek die pille hospitaal toe bring. Hulle sal dan na die komposisie kyk en, indien dit ooreenstem met die profiel van my bloed, is ek fine. My toon, aan die anderkant, is bietjie minder as fine. Dit het sedert gister baie seerder geraak en kon vanoggend nie eers sneakers aankry nie. Die dokter (wie bietjie Engels praat) het gese dat die rondloop dit “aggrevate” en het vir die onderwyser wat my gebring het beveel dat ek nie mag werk vir twee dae nie. My skool is darem baie nice, so hulle het geen probleem daarmee nie.

– Ek het bietjie gehuil by die hospitaal want dis regtig onaangenaam om gemartel te word (die dokter moes die toon weer oopsteek om te dreineer) in ‘n vreemde taal. Die onderwyser wat saam met my daar was praat ook nie Engels nie.

Dit is al vir nou. Laat asb comments dat ons van julle ook kan hoor.

Sal gou weer skryf en meer algemene dinge van Korea vertel. Hierdie was meer net soos ‘n nuusbulletiene.

Liefde

Hanika

Posted in Uncategorized | 7 Kommentaar